Afrikaans Sonder Grense Graad 4 Leerderboek- Afrikaans sonder grense is 'n volledige taalreeks vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV).
Afrikaans Sonder Grense G4 Leesboek - Afrikaans sonder grense is ’n volledige taalreeks vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV)
A+ Begrip Werkboek 4 - First of its kind. Reading texts and questions. Enhances comprehension skills and extends vocabulary refect for formal and informal assessment tasks.
Afrigons Werkboek 4 Deel 1 Graad 4 - Afrikaans Eerste Addisionele Taal Afri-gons ‘n Werkboek-reeks vol interessante, geïntegreerde leerstof en illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder en die ervaringswêreld te verryk. Vir Graad 1 – Graad 7. Voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum - en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). In elke eenheid word taalvaardighede volgens die fokusse: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied en Taalstrukture en konvensies gedek. Propvol pret!
Z is vir Zackie 1: Die Rowwe Resies - Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!
HAT Eng-Afr School Dictionary - Meer as 10 000 woorde wat die meeste in gesproke en geskrewe Engels en Afrikaans voorkom en hulle vertalings, plus definisies! Woordsoorte en woordvorme is maklik om te vind. Betekenisse is genommer. Die akkuraatste Afrikaanse en Engelse vertalings word verskaf. Plus natuurlike voorbeeldsinne en -frases. Grammatikale patrone en algemene woordeskat. Gebaseer op 'n statistiese ontleding van die meer as 400 miljoen woorde in die Longman Korpus Netwerk en HAT Korpus van Hedendaagse Afrikaans.
Afrikaans Handbook & Study Guide - A comprehensive reference book and set of notes that covers everything in one book. Covers the basics and fills in the gaps. Practical and user-friendly - simple, visual and logical. Colour-coded for easy understanding, recall and application.
Spaghetti tussen jou tone - Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Haar naam is juffrou Zaan van Graan. En almal sê sy word NOOIT OOIT kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak! In hierdie splinternuwe skaterlagstorie uit die pen van Jaco Jacobs vind die twee grootste poetsbakkers in die skool uit waarom dit NIE ’n goeie idee is om met ’n juffrou soos juffrou Zaan skoor te soek nie. Jy mag dalk net die een wees wat spaghetti tussen jou tone kry.