Search
All Categories
    Menu Close

    Grade 10 IGCSE

    View as Grid List
    Sort by
    Display per page
    Picture of Perfekte brander en ander verhale 9780799383805

    Perfekte brander en ander verhale 9780799383805

    Perfekte brander en ander verhale - Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of �n traan laat wegvee. Stories wat w��t hoe dit voel om sestien te wees.Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouch�, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met �n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is. Marieta Nel en Adinda Vermaak het as samestellers reeds twee topverkoper-kortverhaalbundels die lig laat sien: Sweef (2009) en Skreeu (2010). Albei bloemlesings het wyd lof ingeoes en is landwyd deur skole voorgeskryf. Hul nuutste bloemlesing bevat 28 splinternuwe stories deur van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Dit is gemik op lesers in graad 10 en 11 en is net so vars, vernuwend en toeganklik soos sy voorgangers.
    R 190,00
    Picture of Totsiens Koning Arthur 9780624056225

    Totsiens Koning Arthur 9780624056225

    Totsiens Koning Arthur - Sylvia van der Merwe moet 100 ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiele las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is werelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie - haar hunk van 'n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele ander alternatiewe beroepe as medies. Wanneer haar kleinboetie egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir haar se dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.
    R 185,00
    Filters Close
    Min: R 185,00 Max: R 191,00
    R185 R191
    Close