Die 17de Veer - �n Storie oor vriendskap, die verlede, vergifnis � en vere. Lara is nog op skool, maar werk in haar vrye tyd by �n tatoe�ersalon en verkoop vintage-klere vir ekstra sakgeld. Haar ma gebruik kalmeerpille om die lewe in die o� te kyk en oom Dan, wat by hulle woon, is �n vreedsame funksionele alkoholis. Haar pa was nog nooit deel van haar lewe nie.
Alex het in �n kinderhuis grootgeword en het �n troetel-uil. Hy help al sedert sy laerskooldae om siek en beseerde vo�ls te versorg en weer in die natuur vry te laat. En hy is in Kaapstad omdat hy �n belofte aan iemand gemaak het. Toe Lara die eerste keer vir Alex sien, is sy byna seker hy agtervolg haar. Wat sy nog nie weet nie, is dat hulle w�relde op die punt is om bymekaar te kom. En alles begin met �n hoededoos vol ou briewe wat Lara op haar ma se kas ontdek. Elkeen van die briewe is deur haar pa geskryf. En by elke brief is �n veer met �n storie � In hierdie opwindende, liriese grootwordverhaal ondersoek Nanette van Rooyen die ingewikkelde bande wat gesinne bymekaarhou, en wat dit regtig beteken om �n tuiste te h�.