Search
All Categories
    Menu Close

    NB Books

    View as Grid List
    Sort by
    Display per page
    Picture of Die Ongelooflike Avontuur van Hanna Hoekom 9780624046622

    Die Ongelooflike Avontuur van Hanna Hoekom 9780624046622

    Die Ongelooflike Avontuur van Hanna Hoekom (skooluitgawe) - Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken. Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat ’n leesgids met • inligting oor die skrywer • ’n inleiding tot die roman • literêre begrippe • hoofstukopsommings en woordelyste • vrae en antwoorde • assesseringsriglyne
    R 218,00
    Picture of Dieter en Madame Zenobia 9780798159579

    Dieter en Madame Zenobia 9780798159579

    Dieter en Madame Zenobia Dieter en Krynauw, twee graadneges, beland in die kloue van Madame Zenobia toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool – hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp. Uiteindelik slaag hulle tog daarin om die problem op te los, maar nie voordat hulle angswekkende oomblikke beleef en amper vir Sydney, Dieter se babaskilpadjie, moet opoffer nie. Lekker skerp dialoog, humor en spanning. Hierdie skooluitgawe van Dieter en Madame Zenobia is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal.
    R 190,00
    Picture of Pad na jou Hart Studiegids 9781776070718

    Pad na jou Hart Studiegids 9781776070718

    Pad na jou Hart Studiewerkgids - Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Pad na jou hart, 'n roman vir Graad 10-11 Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.
    R 165,00
    Picture of Skoenlapper 9780798170062

    Skoenlapper 9780798170062

    Skoenlapper - Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?
    R 255,00