Search
All Categories
    Menu Close

    Lapa Publishers (Pty) Ltd

    View as Grid List
    Sort by
    Display per page
    Picture of Afkop 9780799372885

    Afkop 9780799372885

    Afkop - Trent is die naweek alleen by die huis. Na 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? Alles gaan oukei wees, het Decker gese. Hy was verkeerd. 'n Wilde partytjie. 'n Gesteelde kar. 'n Jaagtog wat in chaos eindig. 'n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Na 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste! Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook 'n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.
    R 190,00
    Picture of Afrikaans + Everything you need to obtain top marks 9780799391268

    Afrikaans + Everything you need to obtain top marks 9780799391268

    Afrikaans + Everything you need to obtain top marks - Achieve better marks in Afrikaans (Grade 7-12). Afrikaans+ is a learner-friendly guidebook which caters for additional language learners who want to achieve better marks in Afrikaans. This practical guide contains explanations in English and is filled to the brim with examples. It explains tests and exams used for both the DBE and IEB and was written by a panel of educational experts who understand the needs of additional language learners. This book is completely up to date. The Afrikaanse Woordelys en Spelre�ls (AWS) has just been re-issued, blindsiding many a teacher with the changes in Afrikaans grammar rules. While the AWS is seen as the touchstone for Afrikaans language practitioners, it could be a daunting book to use in the classroom. Afrikaans+ was written with the most recent changes to the AWS in mind, and presents these grammar rules in a clear, practical manner.
    R 360,00
    Picture of As n mens geluk kon proe 9780799389470

    As n mens geluk kon proe 9780799389470

    As n mens geluk kon proe - Soms is geluk soos �n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. �n Nuwe dorp en �n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. �n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar �n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak. En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om cr�pes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na �n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy �n ou goudgeel kombi, �n winkelpop genaamd Saartjie en �n klomp fantastiese resepte begin hulle �n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees. Maar toe Arnelia uit die bloute �n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die o� te kyk. 'n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
    R 190,00
    Picture of Bertie Blikbrein 9780799351194

    Bertie Blikbrein 9780799351194

    Bertie Blikbrein - Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp. Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.
    R 130,00
    Picture of Dromers 9780799383621

    Dromers 9780799383621

    Dromers - Dans is Byron Carelse se hele lewe. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme by die huis. Op � dag sien iemand Byron en � groep ander township-kinders se talent raak. Byron kry die kans om groot drome te droom, maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel?
    R 155,00
    Picture of Ek was Hier 9780799354966

    Ek was Hier 9780799354966

    Ek was Hier - Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere, lyk soos Atilla die Hun, en hy praat nog steeds Nederlands - en soms 'n bietjie Frans as hy Frankie wil treiter. Hy ry met 'n Big Boy-bromponie en het sy eie kookskool. Haar ma het in die hippie-jare vasgesteek, dra batik-broeke en het die hele planeet en al sy bewoners lief. En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry. Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is 'n wiskunde-onderwyser met 'n swartraambril en 'n strikdas. Min mense sal vermoed dat hy 'n swart gordel in judo het. En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan - is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.
    R 190,00
    Filters Close
    Min: R 76,00 Max: R 361,00
    R76 R361
    Close